Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE
"die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE [boodskap #25020] Do, 29 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
die geweer swaai die man
Henri Laurie

goor getoor en verlore
in die woestyn van jou wraak
watter dierbare veragting
het jou so klein gemaak

jou agterkop wat bokspring
jou mond wat skielik vuis
die kekkel in jou oë
die derms in jou kluis

die sneller in jou ore
die rugstring in jou loop
die visier in jou gebare
die rondtes in jou hoop

die hele bleddie skietbaan
wat in jou skouers lê
waar is die kerm seuntjie
wat ook wil rusplek hê

in eensame verskrikking
en oorbewaakte grens
en sterfte wat jou voorlê
sien 'n mens die mens
Re: "die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE [boodskap #25070 is 'n antwoord op boodskap #25020] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Baie pragtig en teer geskrywe. Van die dood van 'n ou
gemaksone na die lewe van 'n nuwe een. Ek sal terugkom en
vir Gloudina opstaan, maar ook sal ek vir die Regses
opstaan. Lief vir almal hier. Van regse eksklusiwiteit na
linkse en regse genesing. Al dans ek rond sodat jy my nie
kan verstaan nie, bly sielkundige evaluasies ook nog maar
'n muur wat die liefde verberg. Elke laer wat ons bou om
nie seer te kry nie, verberg ons Jerigo liefde wat ons so
uniek maak. Breek die mure van Jerigo af. Wys jou hart. Dit
is pragtig. Afrikaans bly maar 'n pragtige taal.

Ek is nie eens paranoies nie. Die Vrymesselaars kyk my so
aan. Ons gesels met mekaar oor geestelike ontwikkeling.
Hulle weet wat ek hier gedoen het. Maar hulle wonder nog
steeds waar kry ek al die feite. Dit verbaas hulle. Die
onmoontlike moontlike het vir Afrikaners gebeur. Almal is
stom geslaan.

Re: "die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE [boodskap #25091 is 'n antwoord op boodskap #25020] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
reisiger writes:

Al dans ek rond sodat jy my nie
> kan verstaan nie, bly sielkundige evaluasies ook nog maar
> 'n muur wat die liefde verberg. Elke laer wat ons bou om
> nie seer te kry nie, verberg ons Jerigo liefde wat ons so
> uniek maak. Breek die mure van Jerigo af. Wys jou hart. Dit
> is pragtig.
Vorige onderwerp: "Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: "Elementaal" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:02:51 MGT 2024